Hopwood gesels oor uitdagings

Namibië staar tans verskeie uitdagings in die gesig, veral op ekonomiese front. Acaps, ‘n onafhanklike internasionale nie-regeringsorganisasie se bevindinge dat meer as 750 000 Namibiërs tekorte het aan voedsel, is kommerwekkend. Kosmos 94.1 Nuus het na die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Graham Hopwood uitgereik en aan hom gevra wat die mees kommerwekkende faktore is wat hulle in hul navorsing optel.