SA se grootste renosterplaas in die mark

Die grootste plaas vir die  bewaring van renosters in Suid-Afrika en die wêreld, Platinum Rhino, word in April op ’n veiling verkoop. Volgens die eienaar van die plaas, die 81-jarige John Hume, het dit te duur geword om dié bedreigde diere te teel. Die plaas van 8 500 hektaar in Noordwes is die tuiste van ongeveer 2 000 suidelike witrenosters.  Hy het verlede jaar planne aangekondig om jaarliks 100 renosters wat op die plaas geteel is in die natuur vry te laat.