Hoop vir Witvlei se abattoir

Plaaslike media berig dat daar hoop is vir Witvlei met die nuus dat die abattoir binnekort weer sal oopmaak en werk vir ongeveer 250 mense verskaf. ‘n Raadslid vir die kiesafdeling, Rocco Nguvauva het bevestig dat beplanning in ‘n uiters gevorderde stadium is en dat net administratiewe besonderhede nog uitgesorteer moet word. Die aanleg word deur Agribank besit. Witvlei Meat van sakeman Sydney Martin het tussen 2006 en 2015 baie goed sake daar bedryf met die Noorweegse kwota tot die Kabinet beslis het Meatco moet die grootste deel daarvan ontvang. Witvlei Meat het bankkrot gespeel en sedertdien krepeer die nedersetting se inwoners.