Ombud reageer op selfmoord-pogings onder Namibiese leerders

Die Namibiese ombudsman het sy reaksie gegee op berigte dat 24,5 persent van net meer as 3 000 leerders tussen die ouderdom van 12 en 17, ten minste een poging tot selfmoord in die afgelope 12 maande gehad het. Volgens ‘n verslag oor skoolgaande Namibiese tieners deur BioMed Central Psychiatry, het ‘n verdere 20,2 persent gesê hulle het gedagtes oor selfmoord met meer as 25 persent wat sê hulle het al selfmoord beplan. Ombudsman, Basilius Dyakugha, sê sekere maatskaplike kwessies word nie in die samelewing bespreek nie.