Hoop vir Okahandja met November-verkiesings vir raadslede?

Daar was weer ‘n dorpsraad vergadering op Okahandja gehou. Die dorp het baie uitdagings en verskeie kwessies is bespreek. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ook onlangs bevind dit is een van die swakste dorpsrade in die land. Na die afgelope plaaslike owerheidsverkiesings het dinge beter gegaan maar, daar was verskuiwings in die koalisies. Charl Coetzee van die inwoners-vereniging, Orpa, sê daar sal aan die einde van die maand verkiesings plaasvind.