Hoop op reën vir water-invloei in Oponona-meer

Die gebrek aan drinkwater vir vee in die Oponona-meer by Uuvudhiya is inderdaad ‘n uitdaging, volgens oudpolitikus en ‘n direkteur in die Namibiese landbouministerie behels met watervoorsiening in die Noorde, dr. Elijah Ngurare. Hy sê daar word aan die Etaka-kanaal gewerk wat ‘n bron van water is vir dié natuurlike meer. Dr. Ngurare sê na verwagting sal die reënseisoen binnekort water-invloei bring. Boere in die streke van Oshana en Omusati het ‘n noodkreet uitgestuur dat water uit die Oshandja-dam in Omusati na die meer gepomp word. Die Oponona-meer is sowat 70 kilometer vanaf die Etosha-pan geleë en die grootste meer in die Cuvelai-opvangsgebied.