Oud-Springbok Piet Visagie sterf op 79

Rugby: SA Rugby het die afsterwe bevestig van die voormalige Springbok-losskakel, Piet Visagie in die ouderdom van 79. Hy het tussen 1967 en 1971 in 25 toetse vir Suid-Afrika gespeel en het 130 punte aangeteken met ses drieë, 19 doelskoppe, 19 strafdoele en vyf skepdoele. Die president van Saru, Mark Alexander, sê Visagie het die land verteenwoordig in ʼn onstuimige tyd met anti-apartheid-betogings tydens oorsese toere. Maar dit het hom nie verhinder om puik vertonings vir die Springbokke te lewer nie. Sy spanmaats het spelers soos Mannetjies Roux, Joggie Jansen, Dawie de Villiers, Frik du Preez, Jan Ellis en Piet Greyling ingesluit.