Duin 7 heropen op Oukersdag, maar met ingangsfooie

Die Namibiese omgewingsministerie het aangekondig dat Duin 7 naby Walvisbaai môre op Oukersdag vir die publiek sal oopmaak, maar die nuwe ingangstariewe sal geld. Die ministerie het met mede-finansiering van die Wildprodukte-trustfonds die bestaande ablusiegeriewe opgeknap en twee nuwes gebou, braaigeriewe is opgeknap en vyf nuwes is gebou, ‘n kabelheining is vir die ontspanningsgebied opgerig en ‘n ingangshek en ontvangskantoor gebou. Namibiërs ouer as 16 sal ‘n ingangsfooi van 50 Namibiese dollar moet betaal en inwoners van SAOG-lande en buitelanders meer.