Hoofregter Raymond Zondo: Regterlike Dienskommissie behandel kandidate met respek

Hoofregter Raymond Zondo sê die Regterlike Dienskommissie streef daarna om kandidate met respek en waardigheid te behandel. Hy is die voorsitter van onderhoude vir verskeie vakatures in die land se howe. Onder die ses kandidate wat op ‘n kortlys is vir dié week se onderhoude vir vakante poste in die Konstitusionele Hof, is onderhoude al voorheen met vier van hulle gevoer, met wisselende resultate. Zondo het herbevestig behoorlike prosedures sal altyd gevolg word.