Hoofregter besluit of Ramaphosa vervolg moet word, of nie 

Die voormalige Suid-Afrikaanse hoofregter Sandile Ngcobo sal optree as voorsitter van die onafhanklike paneel wat moet bepaal of daar ‘n saak teen President Cyril Ramaphosa is oor die bewerings van diefstal op sy Phala Phala-plaas. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ook die afgetrede regter van die Gautengse Hooggeregshof, Thokozile Masipa, en die Universiteit van Kaapstad se medeprofessor in publieke reg, Richard Calland aangestel. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die paneel het 30 dae tyd om te besluit of die Artikel 89-ampsklagmosie moet voortgaan: