KSA soek geleenthede vir Protea-vroue 

Krieket Suid-Afrika se direkteur van Krieket, Enoch Nkwe, sê hulle soek aktief na meer geleenthede vir die Protea-vroue, want hy verstaan hoe nodig dit is vir die span om op ‘n meer gereelde basis saam te speel. Met die uitsondering van die Wêreldbeker, het die Protea-vroue nog net drie toere onderneem, teen die Wes-Indies tuis en uitgaande toere teen Ierland en Engeland vanjaar. Nkwe sê die uiteindelike doel is vir die span om kompeterend te wees en die drie top posisies te beklee, en hopelik in die toekoms nommer een te wees.