Hoofinspekteur steel blykbaar brandstof

Plaaslike media berig dat ‘n hoofinspekteur van Nampol op Rundu vandag in die landdroshof op die dorp sal verskyn nadat hy gevang is waar hy brandstof steel. Die man is vasgelê op geslotekring-televisie waar hy by die Rundu-polisiestasie ‘n 20-liter kan petrol vol tap uit die polisie se reserwes vir private gebruik. Die brandstof is teruggevind. Berigte lui dat die hoofinspekteur, wie se naam nie bekend gemaak kan word voor hy nie in die hof verskyn nie, in beheer was van die  kommersiële misdaad ondersoekeenheid waar hy talle mense ondersoek het wat na bewering die regering bedrieg het.