NDF-kandidate van Khomas moet môreoggend vroeg aanmeld

Die kantoor van die Khomas-streeksraad het aangekondig dat alle kandidate op die kortlys vir werwing vir die Namibiese weermag, hulself môreoggend om sewe-uur by die Onafhanklikheidstadion moet aanmeld. Die goewerneur van Khomas, Laura McLeod-Katjirua, is aan die woord.