Hongersnood in Afghanistan gaan in ramp ontaard

‘n Nuwe verslag deur die Verenigde Nasies toon meer as die helfte of sowat 22,8 miljoen van die bevolking in Afghanistan, gaan honger ly namate die impak van die droogte, konflik, Covid-19-pandemie en die ekonomiese krisis begin posvat. Die Taliban het Afghanistan in Augustus oorgeneem. Die verslag onthul daar was sedert April ‘n toename van 37 persent in die aantal Afghane wat aan akute hongersnood ly. ‘n Woordvoerder van die Voedsel- en Landbou-organisasie, Richard Trenchard, sê die land se boere, eienaars van lewende hawe, en vee-oppassers kan help om die situasie te verlig: