VSA staak hulp na Sudan

Amerika het aangekondig hy gaan onmiddellik sy ekonomiese noodverligtingshulp van 10,29 miljard Namibiese dollar aan Sudan staak, ná die militêre staatsgreep in die land. Die geld was bedoel om die land se oorgang na demokrasie te steun. Betogers het die strate ingevaar toe gewapende magte die burgerlike regering ontbind het, politieke leiers in hegtenis geneem het, en gister ‘n noodtoestand afgekondig het. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê hulle verwerp die ontbinding van die burgerlike oorgangsregering en sy verwante instellings ten sterkste en dring aan op hulle onmiddellike herinstelling.