Hondsdol jakkalse wek kommer by Kaapkruis

Die Namibiese Ministerie van die Omgewing sal ondersoek instel na ‘n moontlike uitbreking van hondsdolheid na nog ‘n aanval deur ‘n vermoedelik hondsdol jakkals in die Kaapkruis-omgewing. Daar word berig dat die ministerie se Woordvoerder Romeo Muyunda sê owerhede is tans besig met feitebepaling van die gevalle voordat ‘n amptelike uitbreking verklaar kan word. Hy sê daar is wel ‘n toename in gevalle, veral onder jakkalse in die gebied. Nadine Downling, die bestuurder by Kaapkruis Lodge, het aan plaaslike media gesê hondsdolheid raak vir hulle by die dag ‘n groter probleem maar dat konflik met die hondsdol diere baie min voorkom.