Prins William sê BBC-gedrag skok

Die opspraakwekkende onderhoud wat die BBC-joernalis Martin Bashir met Prinses Diana in 1995 gevoer het, is in die nuus, na ‘n ondersoek na die gedrag van Bashir. Luidens ‘n tweede ondersoek deur die Hoërhof Regter Lord Dyson is die eerste ondersoek na Bashir se metodes om die onderhoud te bekom, foutief en die Britse uitsaaier het die saak toegesmeer. Bashir het vervalste bankstate aan Diana se broer Earl Spencer gegee wat kwansuis bewyse was van ‘n sameswering in die paleis teen Diana, en dat verskeie mense betaal word daarvoor. So het hy Spencer se vertroue gewen en uiteindelik die onderhoud met Diana, wat deur 23 miljoen mense gekyk is, bekom. Bashir het ook ‘n Bafta-toekenning vir die onderhoud ontvang. Prins William het aan die media gesê hulle is geskok en teleurgesteld…