Hommeltuie: jy moet elke keer toestemming vra

Of ‘n hommeltuig vanuit ‘n tuin in Windhoek opstyg om ‘n asemrowende sonsondergang af te neem, of hoëdefinisie-beelde van ‘n konstruksieterrein te neem, wetgewing geld om ‘n hommeltuig in Namibië te vlieg. Die Namibië Burgerlugvaart-owerheid, NCAA, vereis dat alle hommeltuig-operateurs hulself en hul hommeltuie moet registreer. Kaptein Erikson Nengola, uitvoerende direkteur van die owerheid, verduidelik die regulasies aan Kosmos 94.1 Nuus.