Amateurduiker vind ridder se swaard

‘n Amateurduiker het in vlak water aan die noordelike kus van Israel ‘n swaard ontdek wat vermoedelik aan ‘n ridder behoort het wat 900 jaar gelede aan die kruistogte deelgeneem het. Die kruistogte het in 1095 begin en eeue lank aangehou. Shlomi Katzin het die swaard van sowat ‘n meter lank en vol stene daaraan vas, onlangs gevind. Die eenheid vir mariene-argeologie by Israel se owerheid vir antieke voorwerpe sê die plek waar die swaard gevind is, het oor die eeue aan skepe skuiling gebied teen storms.