ANC is stelselmatig besig om te peuter met onderwys – VF+

Die Vryheidsfront Plus in Suid-Afrika sê terwyl politieke veldtogte vir die plaaslike verkiesing reeds goed op dreef is, kry regeringsgedrewe strategieë vir transformasie op alle vlakke van onderwys vinnig momentum. Wynand Boshoff van dié party sê op tersiêre onderwysvlak het die regering sedert 2003 aktief aan beleid gewerk om universiteite te verander. Hy sê die Departement van Onderwys fokus ook daarop om leerders van hul geskiedkundige wortels los te maak: