Hommelhelde is op pad

Suid-Afrikaners sal binnekort tegnieke kan aanleer by ‘n internasionale hommeltuigmaatskappy wat bekend geword het as een van die helde van die Covid-19-pandemie. Wingcopter het hommeltuie gebruik om lang afstande af te lê om entstowwe en mediese noodvoorraad in talle Afrikalande af te lewer. Die maatskappy wil sy ervaring volgende maand by die konferensie vir hommeltuie en onbemande vliegtuie in Johannesburg deel. ‘n Woordvoerder sê hulle sal beleidmakers help om ‘n bloudruk te ontwikkel vir regulasies oor die gebied waarbinne hulle hommeltuie wil gebruik.