Plant-gebaseerde Covid-entstof word ontwikkel

Nog Covid-entstowwe word ontwikkel nadat daar vroeër berig is dat Sanofi en GlaxoSmithKline se spuit binnekort fase-drie proewe sal ondergaan op 35 000 vrywilligers regoor die wêreld. Intussen berig internasionale nuusagentskappe dat die Kanadese farmaseutiese maatskappy Medicago ‘n plant-gebaseerde spuit ontwikkel, ook saam met GlaxoSmithKline. Die eerste toetse toon ‘n sterk imuun reaksie.