Shifeta en Kapofi is manlike kandidate vir Swapo se vise-presidentskap

Namibiese kabinetsministers Pohamba Shifeta en Frans Kapofi het geseëvier as die twee manlike kandidate vir Swapo se vise-presidentskap. Hulle sluit aan by eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, en adjunk- eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah in die opvolgwedloop. Swapo se sentrale komitee het Saterdag in Windhoek vergader om sy nominasies vir die top-vier posisies in die party te finaliseer. Die saak is uiters belangrik omdat daar verwag word dat die vise-president van die party, Swapo se presidensiële kandidaat vir 2024 sal wees. Die huidige party-president Hage Geingob sal na verwagting aanbly in die amp.