Hofaansoek om Stad Whk so mosie van wantroue te keer

’n Dringende hoërhofaansoek wat deur die Stad Windhoek bestuursraad teen die stadsraad ingedien is, sal vandag om kwart-oor-twee aangehoor word. Vier IPC-raadslede – Ndeshihafela Larandja, Jurgen Hecht, Bernadus Araeb en Ottile Saart Uukule – wil hê die hof moet die stadsraad verhoed om voort te gaan met ‘n mosie van wantroue teen die vier, wat geskeduleer is om môre plaas te vind. Die raad het verlede week die bestuursraad ’n geleentheid gebied om sy saak te stel oor hoekom hy nie die mosie van wantroue op sy agenda moet plaas nie. Die vergadering van 12 Augustus is tot 23 Augustus uitgestel nadat ‘n lid van die bestuursraad vir meer tyd gevra het. Die IPC-span wil hê die hof moet die beplande vergadering ongrondwetlik, onwettig, en nietig verklaar. Die vier beweer verder in hofstukke dat die beplande vergadering sekere reëls van die Wet op Plaaslike Owerhede oortree. Die stad verdedig die aansoek.