Korrektiewe Diens reageer op selfone, dwelms

Die Namibiese Korrektiewe Diens het gereageer op berigte oor die smokkelary van selfone wat by fasiliteite regoor die land ingesmokkel word. Daar is in die vorige finansiële jaar beslag gelê op 182 fone en in die vorige jaar, 110. Dwelms is ook ‘n probleem. Maar, die diens het sy ondersoeke verskerp. Adjunkkommissaris-generaal Sam Shaalulange het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.