Hof lewer Maandag uitspraak in Zuma-Ramaphosa-saak

Die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg sal Maandagoggend uitspraak lewer in President Cyril Ramaphosa se dringende interdik om die dagvaarding wat deur oudpresident Jacob Zuma teen hom uitgereik is te verbied. Zuma het privaat vervolging teen Ramaphosa ingestel. Hy beweer Ramaphosa is skuldig aan die oortreding van die NVG-wet omdat hy nie teen die aanklaer, Billy Downer, in Zuma se korrupsiesaak opgetree het nie. Ramaphosa se regspan voer aan die hof moet ongeregtigheid verhoed, dat die President voor ‘n hof gebring sal word op ‘n ongegronde privaat-vervolging wat ‘n skending van sy regte sal wees.