Uie duurder as vleis in die Filippyne

Die departement van landbou in die Filippyne het aangekondig dat ‘n kilogram rooi uie tans meer as ‘n kilogram beesvleis kos. Een kilogram plaaslike rooi uie kos soveel as 76 Namibiese dollar per kilogram, terwyl ‘n kilogram beesvleis tot 66 dollar per kilogram kos. Die departement sê ‘n hele hoender kos tot 69 dollar per kilogram. Die aankondiging is met gemengde reaksie ontvang, aangesien uie ‘n stapelvoedsel vir die Filippyne is. Hulle verbruik ongeveer 17 000 metrieke ton uie per maand.