Hof gee laaste kans aan Marson Sharpley vir minagting

Hoërhofregter Shafimana Ueitele het een laaste kans aan die bekende pastoor Marson Sharpley en sy vrou Angela gegee om te verduidelik hoekom hulle in minagting van die hof is. Bank Windhoek eis amper 1,8 miljoen Namibiese dollar by die egpaar, wat die ouers is van die voormalige mejuffrou Namibië Cassia Sharpley en soek ‘n eiendom in Khomasdal om die skuld te delg. Daar was in Junie verlede jaar ‘n hofbevel vir afbetalings uitgereik maar, die egpaar het nog nie ‘n betaling gemaak nie en die bank vra vir ‘n reël 108-bevel. Die egpaar moet teen 26 Februarie stukke indien wat hulle minagting verduidelik en die bank is geleentheid gegun om daarop te reageer. Die saak is tot 26 Maart uitgestel.