SA mag nie ID’s willekeurig blok nie

Lawyers for Human Rights het die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria se beslissing verwelkom dat die Departement van Binnelandse Sake nie langer Suid-Afrikaanse ID’s na willekeur mag blok nie. Minister Aaron Motsoaledi en direkteur-generaal Livhuwani Makhode is deur Phindile Mazibuko en burgerregte-organisasies aangevat nadat die departement met ʼn veldtog begin het om ID’s te blok wat verdag en bedrieglik lyk. Thandeka Chauke van Lawyers For Human Rights sê die hof het die departement se optrede as onregverdig verklaar: