Proteas wen eerste eendagwedstryd teen Engeland

Krieket: Die Proteas het ‘n een-nul-voorsprong in hulle reeks van drie wedstryde teen Engeland nadat hulle die eerste eendagwedstryd in Chester-le-Street met 62 lopies gewen het. Rassie van der Dussen het uitstekend gekolf en 134 lopies van 117 balle behaal om by te dra tot Suid-Afrika se 333 vir vyf in hulle 50 boulbeurte.  In antwoord hierop was die tuisspan op 271 almal uit, met Anrich Nortje wat vier Engelse paaltjies platgetrek het.  Joe Root op 86 het die meeste lopies aangeteken. Die tweede eendagwedstryd vind Vrydag plaas op Emirates Old Trafford.