Regeringsamptenare se reis-en-verblyfkoste kom ter sprake in NV

Die nodigheid en koste van reise deur regeringsamptenare is onlangs weer bevraagteken nadat President Hage Geingob en ‘n groot afvaardiging na New York gereis het vir die Verenigde Nasies se jaarlikse algemene vergadering. LPM parlementslid Mootu Utaara het in die Nasionale Vergadering gevra of daar beleide in plek is wat die reiskoste en reis-en-verblyf-toelae van staats- en semistaatsinstellings toelaat. Premier Saara Kuugongelwa-Amadhila het geantwoord dat reis-en-verblyf-beleide nie daar is om die reise te reguleer nie. Daar word ook nie bepaal watter soort reise deur staatsamptenare onderneem kan word nie.