Hoë getalle geslagsgeweld die naweek

Owerhede verbonde aan die geslagsgeweld eenheid in die hoofstad het oor die langnaweek hulle hande vol gehad. Daar was volgens van die vrywilligers sowel as maatskaplike werkers talle gevalle van huishoudelike geweld, konflik en kwessies verbonde aan die verwaarlosing van kinders. Verskeie pogings om selfmoord te pleeg is ook aangemeld. Die groep kan ingevolge maatreëls nie die hoeveelheid moorde wat plaasgevind het bekendmaak nie. Die Namibiese polisie sal oudergewoonte, die syfers bekend maak.