Rehoboth-leerders in die meederheid

Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe het die jongste Covid-syfers bekend gemaak. Daar is 122 nuwe gevalle uit 1 406 toetse wat beteken 9 persent is positief. Daar is 93 gevalle in Hardap aangemeld met 12 in Zambezi en 6 in Khomas. Kavango Oos, Omusati en Oshana het 3 elk en Oshikoto, 2. Daar is ‘n totaal van 88 gevalle onder leerders waarvan 73 in Rehoboth is. Die ministerie het 283 pasiënte wat herstel het bevestig.