Higgo op pad Tokio toe

Die 22-jarige Garrick Higgo sê hy is opgewonde daaroor om Suid-Afrika volgende maand by die Olimpiese Spele in Tokio te verteenwoordig. Hy is nommer 17 op die Internasionale Gholf-federasie se kwalifiseringslys. Christiaan Bezuidenhout is die ander Suid-Afrikaner wat gekwalifiseer het. Higgo sê hy is op die oomblik tevrede met sy spelpeil, veral na sy oorwinning in die Palmetto-toernooi: