Hier is inentings vandag beskikbaar

Die Namibiese gesondheidsministerie het te kenne gegee dat entstowwe vandag in verskeie distrikte beskikbaar is. Walvisbaai, Omaruru, Rehoboth, Rundu, Tsumeb, Omuthiya, Grootfontein, Otjiwarongo, Katima Mulilo en Mariental het steeds voorraad van die Sinopharm-entstof. Oshakati, Okakarara, Nankudu en Windhoek het geen entstof voorraad nie. Alle ander distrikte het steeds voorraad van beide Sinopharm en AstraZeneca. Lede van die publiek wat in aanmerking kom vir die tweede spuit maar daar is geen voorraad in hulle distrik nie, sal deur die ministerie in kennis gestel word wanneer voorraad beskikbaar is.