‘Groen’ bankkaarte sal 161t se uitlatings verwyder

Die wêreldwye finansiële reus HSBC stel volhoubare bankkaarte bekend wat sal wegdoen met enkel-gebruik plastiek en dit teen die einde van 2026 sal vervang met herwinde plastiek. Dit is deel van die bank se strategie om sy koolstofuitsendings te verminder. Gegrond op die huidige volume kaarte wat jaarliks deur HSBC uitgereik word, sal die skuif na herwinde plastiek die uitlatings met 161 ton per jaar verminder. Wêreldwye navorsing deur Mintel het getoon dat ‘n meerderheid verbruikers saamstem finansiële dienste-firmas kan ‘n belangrike rol speel in die vorming van ‘n meer volhoubare samelewing.