Sensus tot volgende jaar uitgestel

Die Namibië Statistieke-agentskap het aangekondig dat die 2021 Bevolking en Behuisingsensus wat vir Augustus 2021 geskeduleer was, tot Augustus volgende jaar uitgestel is. Die statistikus-generaal, Alex Shimuafeni, het gesê die uitstel is weens mededingende begrotingsprioriteite tydens die huidige Covid-pandemie. Shimuafeni gesels met Kosmos 94.1 Nuus.