SA-eiendom daal weer in September

Die FNB Eiendomsagente-opname sê die afwaartse neiging in huispryse het in September voortgeduur, met die FNB-huisprys-aanwyser wat jaar op jaar tot 3 persent vir verlede maand afgeneem het vanaf 3,6 persent in Augustus. Dit beteken die groei in huispryse was gemiddeld 3,5 persent in die derde kwartaal van hierdie jaar, vergeleke met ‘n hoogtepunt van 4,8 persent in die vorige kwartaal. Dit is steeds bo 2019 se vlakke, wat die positiewe uitwerking weerspieël van laer rentekoerse op markbedrywighede en die veranderende behuisingsbehoeftes weens die pandemie.