Hichilema dank talle base af…

Die nuwe Zambiese president, Hakainde Hichilema het die hoof van die Zambiese polisie, inspekteur-generaal Kakoma Kanganja afgedank. In ‘n toespraak wat op die land se nasionale uitsaaier uitgesaai is, het Hichilema bygevoeg dat hy alle polisie-kommissarisse regoor die land met onmiddellike effek afdank. Hy het ook base by die land se weermag en lugmag afgedank. Hy het geen redes verskaf nie. Hichilema is op 24 Augustus ingehuldig as Zambiese president na hy meer as 60 persent van die stemme op hom verenig het.