Kabinet gee opdrag dat brandbestrydingstoerusting aangekoop word

Die Namibiese kabinet het tydens sy kabinetsbesluite die omgewingsministerie opdrag gegee om ‘n waarneming te maak van brandbestrydingstoerusting wat nodig is. Dit volg ná veldbrande in al die uithoeke van Namibië duisende hektaar weiding, eiendom en infrastruktuur verwoes het, asook mense- en dierelewens geëis het. Die kabinet het ook opdrag gegee dat hulpbronne aangewend word om toerusting aan te koop in samewerking met die Omgewingsbeleggingsfonds, die EIF. Die inligtingsminister, dr. Peya Mushelenga, is aan die woord.