Hervorming van onderwys vandag by VN onder die loep

President Hage Geingob sal na verwagting vandag ‘n nasionale verklaring van toewyding voorlê wat konkrete stappe uiteensit om die stand van onderwys te bevorder. Geingob en verskeie afgevaardigdes woon later die Transforming Education-beraad by die Verenigde Nasies in New York by. Die beraad volg na die wêreldwye krisis wat onderwys ondervind het tydens Covid. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.