Maimane sal as presidentskandidaat in 2024 staan

Die voormalige DA-leier Mmusi Maimane het ‘n nuwe politieke party op die been gebring wat in die 2024-algemene verkiesing sal staan, met hom wat meeding as presidensiële kandidaat. Die Konstitusionele Hof het in 2020 beslis die Wet op Verkiesings is ongrondwetlik omdat dit nie voorsiening gemaak het dat onafhanklike kandidate verkies kan word tot die nasionale en provinsiale wetgewers nie. Die parlement het twee jaar gekry om die Wet voor die 2024-verkiesing te wysig. Die mede-stigter van die party, Nobuntu Hlazo-Webster, sê hulle sal val onder die sambreelligaaam van onafhanklikes: