Nog ‘n geval van E. coli in munisipale water in SA

Daar is al hoe meer gereeld berigte oor E. coli in water in Suid-Afrika. Nou sê die DA in die Noord-Kaap ‘n E. coli-geval in De Aar het kommer laat ontstaan oor die gebrek aan proaktiewe watertoetsing in die Emthanjeni-munisipaliteit. Dit volg nadat watermonsters getoets is. Die uitslae het getoon dat ‘n groot aantal koliforme en E. coli in die water teenwoordig is en daarom nie geskik is vir gebruik nie. ‘n Woordvoerder van die DA, Roweda Adams-Beukes, sê die waterbesmetting kan verreikende gevolge hê: