Hervatting van uraanbedryf het impak op watervoorsiening aan die kus

NamWater se uitvoerende hoof Abraham Nehemia sê NamWater werk daaraan om ‘n nuwe aanleg te vestig wat water aan die kusdorp Swakopmund sal verskaf. Tans is die ontsoutingsaanleg wat gebou is om vars water aan die Trekkopje-uraanmyn te voorsien die bron van water vir Swakopmund. Met uraanmyne in Namibië wat weer bedrywighede hervat sal vraag na die water hervat. Orano, wat die aanleg naby Wlotzkasbaken besit, het tot op hede die water aan NamWater verkoop vir verskaffing aan die kus. NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, gesels met Kosmos 94.1 Nuus…