Zuma-ondersteuners sê hy is onregverdig behandel na tronkstraf

Oudpresident Jacob Zuma se ondersteuners het ʼn versoekskrif aan die polisie in Durban oorhandig, op die eenjarige herdenking van sy inhegtenisname. Die groep het ʼn optog gehou om die dag te gedenk waarop Zuma homself aan die polisie oorgegee het, om ʼn vonnis van 15-maande vir minagting van die hof te begin uitdien. Die betogers hou vol Zuma is onregverdig behandel en nie deur Suid-Afrika se Grondwet beskerm nie. Die sameroeper, Nkosentsha Shezi, het ook ʼn striemende aanval op President Cyril Ramaphosa geloods weens die Phala Phala-sage: