Meulens stoot pryse op

Namib Meulens het prysverhogings van sy produkte aangekondig. Rys, sy Pasta la Vita en Meme Mahangu produkte sal met 3 persent styg terwyl Pasta Polana se prys met 2 persent opgaan. Bakpro koekmeel styg met 8 persent en brood met 5 persent. Die maatskappy sê uitvoerbelasting op Russiese koring het pryse met meer as 20 persent in die laaste jaar opgestoot en verpakking materiaal het voorsienings tekorte en logistieke uitdagings wat pryse met 30 persent in die laaste jaar opgestoot het. Die nuwe pryse sal Maandag, 12 April van krag wees.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *