Tweede mes-aanval naby Sydney in twee dae

‘n Aantal mense is ‘n paar uur gelede beseer in ‘n mes-aanval by ‘n kerk in Walkley, sowat 30km wes van die Sydney sentrale sakedistrik, sê polisie-owerhede. Beamptes het ‘n man in hegtenis geneem en hy help die polisie met navrae, lui ‘n polisieverklaring. Die beseerdes het nie-lewensbedreigende beserings opgedoen en word deur paramedici behandel. Plaaslike media het berig dat ‘n kerkleier en verskeie aanbidders tydens ‘n diens by die kerk gesteek is. Video’s van die voorval wat aanlyn sirkuleer, wys hoe ‘n man na ‘n spreker spring en hom met ‘n mes steek. Dit is die tweede steekvoorval in Sydney nadat ses mense Saterdag in ‘n mesaanval by ‘n winkelsentrum in Sydney se Bondi-omgewing dood is.