Elizabeth langs haar geliefde Philip begrawe

Die dekaan van Windsor, David Conner, sê koningin Elizabeth II se lewe was ‘n seën vir baie. Hy het haar begrafnisdiens in die St. George’s kapel by Windsor-kasteel gelei.

‘n Privaat teraardebestelling is later Maandagaand in die kapel by Windsor-kasteel vir die koningin gehou. Die koningin is langs haar man, die hertog van Edinburgh ter ruste gelê in die Koning George VI Gedenkkapel in St. George-kapel. Toe prins Philip 17 maande gelede oorlede is, is sy kis in die kapel se koninklike kerker gehou sodat dit na die gedenkkapel geneem kan word wanneer die koningin sterf. Die koninklike familie sal vir sewe dae na haar begrafnis in rou bly.