Herrie oor Nam se COP28 afvaardiging duur voort

Die herrie oor die groot Namibiese afvaardiging na COP28 wil nie bedaar nie, tot so ‘n mate dat die uitvoerende direkteur van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, Teofilus Nghitila, ‘n verklaring ter verduideliking uitgereik het. Hy sê die lys van afgevaardigdes is in lyn met die doelstellings van die COP-vergaderings om besigheidsmodelle te betrek om klimaatsverandering die hoof te bied. Die byeenkomste bied geleenthede vir beleggings daartoe, terwyl regeringsamptenare slegs ooreenkomste sluit. Die regering betaal net vir sy amptenare, maar behartig die akkreditering van al die afgevaardigdes. Verder neem almal wat ge-akkrediteer is nie deel  aan COP28 nie, en ‘n lys van almal wat daar was sal eers na die tyd beskikbaar wees. Hy  voeg by dat die voordele wat die land kry deur deel te neem, die koste ver oorskry.