Korrupsie in die soeklig met internasionale dag môre

Namibië staan reg om die Wêreld-teenkorrupsiedag op 9 Desember te herdenk. Die land het die Verenigde Nasies se Konvensie teen Korrupsie in 2003 onderteken en dit op 27 April 2004 bekragtig. Sedert toetreding tot die Konvensie, het die aanbevelings van die Namibië-oorsigverslag ‘n opmerklike invloed gehad op bestuurshervormings wat sedertdien aanvaar is. Die direkteur-generaal van die Namibiese Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoe hierdie dag ontstaan het en hoe ernstig Namibië die stryd teen korrupsie opneem.